erotiese blom - pienk roos  erotiese blom - pienk roos  erotiese blom - pienk roos  erotiese blom - pienk roos  erotiese blom - pienk roos

Die eksplorasie van vroulike seksualiteit

Hierdie webwerf handel oor die eksplorasie van vroulike seksualiteit maar terselfdertyd ook oor veel meer. Hier vind jy inligting oor die belangrikste vroulike seksorgane, nl. die brein en die klitoris.

Vroue kan hier hul seksualiteit ontdek en ondersoek terwyl hul liefdesmaats kan leer hoe om 'n vrou te plesier. So of jy nou opsoek is na 'n meer aardskuddende orgasme of gewoon 'n beter begrip van jou vroulike seksualiteit of gewoon hoe om jou liefdeslewe op te kikker, sal jy dit hier vind en dit is nou ongeag daarvan of jy solo vlieg of nie.

Dié webwerf word dus opgedra aan alle vroue, aan vroulike seksualiteit, aan vroulike seksuele plesier en vroulike seksuele gesondheid. Die klitoris is die sleutel tot seksuele genot vir die oorgrote meerderheid vroue. Slegs vroue is bedeel met 'n orgaan wat geen ander doel dien as plesier nie. Die klitoris word dikwels uit blote onkunde afgeskeep. Dié webwerf wil inligting tot almal se beskikking maak en sodoende onkunde bestry. Almal is welkom.

Ten spyte van die vooruitgang ten aansien van geslagsgelykheid is vroue se seksualiteit steeds vasgevang in ‘n verbluffende paradoks. Baie vroue skram byvoorbeeld nie daarvan weg om orale seks (fellatio) met hul seksmaats te hê nie. Maar deins dan, paradoksaal, terug wanneer hulle aan die ontvangkant van oraal-genitale intiemheid (kunnilingus) is. Hulle is gewoon te ongemaklik met hul eie seksualiteit (liggaamlikheid) om kunnilingus te geniet.

Dit is byvoorbeeld steeds ‘n ietwat radikale stelling om te maak dat vrouens toegang tot inligting omtrent hul eie seksuele plesier behoort te hê, dat hulle hierdie inligting nodig het en dat hulle hierdie inligting verdien. Die diagramme wat gebruik word vir kursusse in geslagsopvoeding laat meer dikwels as nie die klitoris letterlik uit die prentjie. Die klitoris en die ligging van die klitoris is seker net so belangrik soos die uterus of die vagina.

Die inligting op dié webwerf is ewe relevant vir lesers wat selibaat is of vir diegene wat nog nooit ‘n seksmaat gehad het nie. Om ingelig oor seks te wees beteken nie dat jy nou die eerste beste persoon wat jy teëkom gaan bespring of jou gaan oorgee aan die persoon nie. Om akkurate inligting te hê beteken wel dat jy waarskynlik veilige en gesonde keuses sal kan maak en om gemaklik genoeg met jou liggaamlikheid te wees om jou voorkeure en afkeure te kommunikeer wanneer die tyd daarvoor aanbreek.

 

 

 

 


Etikette

klitoris   kunnilingus   fellatio  

 

 

 

 

 

 

 

Antieke simboliese uitbeeldings van die vulva

Antieke simboliese uitbeeldings van die vulva

Antieke simboliese uitbeeldings van die vulva

Antieke simboliese uitbeeldings van die vulva

Antieke simboliese uitbeeldings van die vulva

Antieke simboliese uitbeeldings van die vulva